die omstaanders by die kruis ….

Jare gelede was Rustenburg een van die plekke wat ek as Polisiekapelaan besoek het. Eendag het ek in ’n klein kunsgalery afgekom op ’n skildery van Jesus wat van die kruis afgehaal word. Dit was ’n somber en donker uitbeelding, maar op ’n vreemde manier kon ek nie ophou om daarna te kyk nie. Ek kon dit nie bekostig nie en met elke besoek daar, het ek maar net gaan kyk. Later het die mense vir my ’n stoel reggesit en koffie gegee as ek daar aankom.

Die omstanders by die toneel was veral opvallend. Daar was ’n desperate hartseer en verslaentheid op hulle gesigte. Een persoon het nie eers na Jesus gekyk nie, maar sy kop in sy hande vasgehou terwyl hy wegkyk. Ek het dikwels gewonder oor die vreemde aantrekkingskrag van die skildery – dit was verseker nie ’n prent wat jy in ’n sonnige vertrek sou hang nie. En toe tref dit my – die rede waarom ek as’t ware nie genoeg van die prent kon kry nie was omdat ek geweet het dis nie die einde van die verhaal nie! Paassondag moes nog kom.

Natuurlik noem ons dit goeie Vrydag, want Paassondag kom. Ons moet dalk nie té vinnig Paassondag toe gaan nie, maar dit waag om genoeg tyd voor die prent van goeie Vrydag deur te bring.

Ek het later ontdek dat hierdie toneel waar Jesus van die kruis gehaal word ’n baie bekende tema vir kunstenaars is. Een van die uitstekende voorbeelde daarvan is die skildery “de kruisafname” van Rogier van der Weyden. Wat my van hierdie skildery opval is die detail waarmee hy die omstanders by die toneel uitbeeld. Dié Youtube clip wys hierdie detail. Mag dit jou help om vandag ook ’n  paar oomblikke by die toneel stil te staan. http://youtu.be/7PZsNBM7HvE

About these ads
This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

4 Responses to die omstaanders by die kruis ….

  1. Willie Koen sê:

    Dankie Hansie. Dit was nou besonders vir my!

  2. Anton Bester sê:

    Hierdie omstaander het vandag vreemdste Paasvrydag in sy lewe… Nerens veilig genoeg gevoel om te deel in die gebeure nie … En tog, op ‘n manier iets ervaar van rustige teenwoordigheid van die Een wat daardie dag uitgeroep het: “My God, my God, waarom het U my verlaat?” En hierdie omstaander het besef, daardie woorde het Paulus se woorde waar laat word: “Daar is niks wat ons van die liefde van God kan skei nie …”

    Daarom dat hierdie omstaander ook die gesigte van ander, onvolmaakte, gewone omstaanders gaan opsoek in hierdie dag …

  3. Irene Coetzer sê:

    Geseende Paasfees vir julle, Hansie en Lanette! Ons het ‘n besondere Nagmaalsdiens vanoggend gehad en geweet dat julle ook daar deel in die Kruisdag van Jesus. Maar saam met julle sien ons uit na OpstandingSondag waarop ons kan lofliedere sing – ons is in die gees gebind deur God se liefde. Seen vir julle – mis julle!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s