3 uur in die oggend se bedinkinge

Dis 3 uur in die oggend en ek slaap nie – ek maak bedinkinge. (Bedinkinge is die woord wat my ouma gegee het aan die dinge wat mens 3 uur in die oggend doen.) Daar is nog  ander mense wat ook nou wakker is, soos vragmotor bestuurders en verpleegsters, maar hulle  werk nou, hulle is nie wakker omdat hulle bedinkinge maak nie. (Miskien, as hulle stilword, maak hulle ook bedinkinge.) Omdat ons mense is, maak ons maar almal en of ander tyd bedinkinge ….   (Dit klink darem baie filosofies vir 3 uur in oggend se bedinkinge.)

Ons is nou net meer as 2 weke in Italië. Alles is oorweldigend nuut en vreemd. Ek het die afgelope paar dae so baie gedink aan al die sekerhede wat mens het – en dis maar seker eie aan ons menswees – dat ons vir ons omgewings skep vol sekerhede. Ons het so baie van dié  sekerhede agtergelos (en ek praat nou nie van die sekerheid dat jy weet op watter rak van Pick&Pay die souse staan en in watter ry jy moet staan as jy jou lisensie wil hernu nie), ek praat van die sekerheid van verhoudings. Daar waar jy diep, diep verhoudings met mense het -  waar jy liefhet en liefgehê voel. Plekke waar jy   weet –  die diep stories wat ons al saam meegemaak het,  is altyd die onuitgesproke fondament van ons saamwees.

Ons eerste 2 weke was vol van allerhande administratiewe en praktiese dinge  – so anders as die uitgewerkte ,vol, skedules  wat ons gehad het. Ek sien baie uit daaarna om al die nuwe mense se stories te hoor en saam met hulle te stap – dis waarvoor ek hier is.

Maar nou (3:45), maak ek bedinkinge oor almal vir wie ek lief is.

Ek weet – netnou gaan die son opkom en gaan ek uitkyk oor die sneeu bedekte dorpie en berge, en dan gaan al my bedinkinge so onnodig en vêr voel. 

Vir nou weet ek Ps 139 is regtig waar – 5  I look behind me and you’re there, then up ahead and you’re there, too- your reassuring presence, coming and going.  6  This is too much, too wonderful- I can’t take it all in!  (The Message)

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

6 Responses to 3 uur in die oggend se bedinkinge

  1. Anelle Myburegh sê:

    Hi Hansie! Onthou – ons dra julle in gebed en in gedagtes! Baie sterkte

  2. Nardus Tredoux sê:

    Nou weet ek ook darem ook wat ek partykeer 03h00 doe as ek wakker is! Dankie!

    Groete

  3. Jannette Roos sê:

    Sterkte Hansie. Ek ken van bedinkinge maak in die vroee oggend. Jy moet net onthou daardie mense met die diep verhoudinge het jy hier agtergelaat, maar hulle bly vir altyd deel van jou. Dit is altyd vir my so wonderlik as mens sulke mense na ‘n lang tyd weer sien en jy net aangaan waar jy laas gelos het. Groete

  4. Sarnia sê:

    Weet presies wat jy bedoel! Ek mis jou preke – dankie vir die klein brokkies op die blog! Sterkte – ek bid baie vir julle.

  5. Anton Bester sê:

    Hallo daar,

    Nogal waar die bedinkinge ding. Tog soms ook waardevol ne. Wel weet tenminste julle is nie net in my gebede nie, maar lewenslank in my gedagtes vir die vormende waarde wat veral jy, mnr Breedt gehad het in my lewe.

    Seen

  6. Marianette Möller sê:

    Hans en Lanette
    Dis nou 02h00 in die more hier by my en so deur julle bedinkinge het ek nou ‘n emmer vol trane gestort en so hier en daar lekker gelag ook! ;-) Julle is ons gebede en ek sien uit na die nuusbrokkies wat nog gaan kom. Ja, die afskeid is nie maklik nie en daai onbekendheid van ‘n ou telkens onkant, maar soos jy ook aangehaal het, gelukkig kan ons weet dat ons Vader reeds daar was lank voor julle huis opgepak het om julle plek reg te maak en die aanvoorwerk te doen. Mag julle ELKE dag sy seën en liefde en vrede ervaar!
    Shalom!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s